Schuster's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Schuster's Rest is 'n ruim en moderne woonstel in Scarborough, en net 'n kort stappie (sowat 7 minute) of 'n paar minute se ry van die lieflike strand af.

Dié woonstel met aparte ingang is ideaal vir 4 gaste, met 2 slaapkamers en uitsigte oor die natuurreservaat en see. Die hoofslaapkamer lei na 'n balkon en beskik oor 'n koningingrootte-dubbelbed. Dié kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is nog 'n badkamer met 'n stort.

Die oopplan-leefarea lei na 'n balkon en die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf met 'n vierplaat-induksiestoof, 2 gasplate, 'n elektriese oond en 'n yskas-vrieskas. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien beskikbaar. Gaste kan etes by die etenstafel of op die balkon geniet. Die sitarea het 'n kaggel en 'n TV met DStv en Showmax. WiFi is ook beskikbaar en 'n skoonmaakdiens kan teen 'n ekstra koste vooraf gereël word.

Die balkon is lekker groot met lieflike uitsigte oor die see en natuurreservaat. Braaigeriewe is agter in die privaat tuingedeelte op die rotse. Vuurmaakhout en aanstekers is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Parkeerplek is in die straat beskikbaar. Neem asb. kennis dat rook streng verbode is.

Slaapplek

'n Bespreking by Schuster's Rest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Schuster's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false