Sea Breeze 65

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sea Breeze 65 is 'n selfsorgwoonstel wat gehalte-verblyf vir die hele gesin bied. Die woonstel is in Diaz-strand op die Tuin- en Walvisroete geleë en is net oorkant die pad van die strand af.

Die eenheid bied slaapplek vir 5 gaste in 2 slaapkamers met 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kamer maak oop op 'n balkon met see-uitsigte. Die tweede slaapkamer is op die grond verdieping en beskik oor 'n stapelbed met 'n dubbelmatras onder en 'n enkelmatras bo. Daar is 'n gesinsbadkamer met 'n stort-oor-bad. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke en vadoeke bring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-leefarea is toegerus met gemaklike sitplekke en 'n TV met OVHD. DStv-toegang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die leefarea het 'n ingeboude braai en daar is ook braaigeriewe buite.

Parkeerplek vir 2 voertuie wat agter mekaar stilhou is langs die eenheid beskikbaar. Sea Breeze 65 is in 'n sekuriteitskompleks geleë en daar is 'n gemeenskaplike verhitte swembad (binnenshuis), waterwurm, restaurant en kroeg binne stapafstand van die eenheid af.

Slaapplek

'n Bespreking by Sea Breeze 65 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sea Breeze 65 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false