LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sea Breeze Beach House | LekkeSlaap
+17

Sea Breeze Beach House

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Serruriasirkel 5042, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Sea Breeze Beach House is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 5 gaste en is sowat 600 m vanaf die Silversands Beach in Bettysbaai.

Dié dubbelverdiepinghuis bied 'n lieflike uitsig op die berge en fynbos. Die boonste leefarea beskik oor 3 oopplan-slaapareas en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n klein balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 ekstra enkelbeddens in die braaikamer. Die braaikamer het ook 'n ingeboude braai. Linne en handdoeke word voorsien. 'n Tweede badkamer is onder en het 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Gas- en olieverwarmer is beskikbaar vir die winter en 'n staanwaaier vir die somer, soos benodig.

Die kombuis is onder en is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe (dompelkoffiepot) en 'n tafel. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die groot, sonnige braaikamer het 'n gasbraai met 4 gasvlamme, 'n ekstra skottelbraai en 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel en gewapende reaksie. Let asseblief dat daar bobbejane in die area is wat die huis soms besoek.

Die ruim, sonnige braaikamer het 'n ingeboude skottelbraai en 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Let asb. daarop dat die onderste kamer en motorhuis nie vir gaste toeganklik is nie. Die volledig toegeruste kombuis en die tweede badkamer word via die voordeur bereik.

Bettysbaai bied verskeie doendinge en besienswaardighede, soos voetslaan, sandplankry, visvang, vlieërbranderry, kanovaart en swem. Gaste kan die restaurante, die John the Potter Galery, die Harold Porter Botaniese Tuine en die Disarivier-waterval besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Breeze Beach House sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Sea Breeze Beach House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Serruriasirkel 5042, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Breeze Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Serruriasirkel 5042, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwikCSSQYQlo4KwnSZR7D3erdOLm3cPoZyxyolcBdMiJ5sR6pFa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 4 persone) 2 5 1 5 5042 Serruria Circle Betty’s Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-22:00 12:00 -34.363739 18.865351
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!