Sea Star Accommodation @ Legend Golf Safari
- Kapasiteit: 50 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Haakdoringweg, Inside Legend Golf and Safari Resort, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Star is in die bekende Legend Golf and Safari Resort in die Afrika-bosveld van Limpopo geleë. Sea Star bied verblyf in 'n aantal luukse boutique villas en suites wat in die bosveld gebou is. Daar is geen omheinings of tuine nie en die zebras, elande, rooibokke en verskeie ander vriendelike soogdiere loop vrylik tussen die villas en suites rond.
Die suites beskik oor 4 of 5 aparte slaapkamers wat met deurgange aan mekaar gekoppel is en bied verblyf wat Afrika se wildernis reflekteer. Die ruim slaapkamers het elkeen 'n klein sitarea en 'n luukse en suite-badkamer. Die geriewe in die kamers sluit 'n TV, telefoon, yskassie, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, plafonwaaiers en lugversorging in. Die eenhede is apart van die ander eiendomme en gaste kan dus hul privaatheid geniet.
Daar is groot vensters met panoramiese uitsigte en glas skuifdeure wat na 'n privaat patio lei. Die oord het 3 swembaddens, 3 restaurante, 'n gimnasium en 'n verskeidenheid doendinge om van te kies. Sea Star grens aan die Entabeni Wildreservaat waar gaste die Groot 5 kan besigtig. Wildritte kan vooraf bespreek word.
Dié oord bied 2 wêreldklas gholfbane: die Signature Course met 18 putjies en die Tribute Course met 10 putjies. Die bekende Extreme 19th Hole is ook op hierdie oord geleë en gaste kan 'n dag van gholfspeel met 'n helikopterrit op pad na hierdie baan afskop. Gholf kan ook vooraf bespreek word.
Die personeel by Sea Star kan enige van die doendinge by die oord vooraf saam met die verblyf bespreek. Ons bied ook vervoer vanaf die lughawe.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniek-middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Haakdoringweg, Inside Legend Golf and Safari Resort, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Gaste dink Sea Star Accommodation @ Legend Golf Safari het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 50 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Haakdoringweg, Inside Legend Golf and Safari Resort, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom