LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sea Star Rocks | LekkeSlaap
+29

Sea Star Rocks

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theresa-laan 26, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sea Star Boutique Hotel bied uitsigte oor Kampsbaai, Leeukop en Tafelberg en is 'n goeie afstand weg van die gedruis van die stad. Dit is net 15 minute van die middestad af en maklik bereikbaar vanaf Kampsbaai-rylaan. Die boetiek-hotel spog met 3 suites, 'n randvloeiswembad, 'n Jacuzzi en 'n privaat plonspoel.

Roche Bobois-stoele en enorme Tretchikoff-afdrukke komplementeer die ruim interieur van die hotel. Sit rustig terug en teug aan 'n glasie Sea Star-wyn, verbou in Franchoek, terwyl jy uitkyk oor die randvloeiswembad en die see.

Die Pool Room is uniek aangesien dit langs die moderne 18 m-swembad en Jacuzzi is, wat uitkyk oor Kampsbaai, die strand en Leeukop. Gaste kan die 180°-uitsigte van die ruim kamer en privaat terras af geniet. Hierdie kamer is ingerig met 'n ekstra lang koninggrootte-bed asook 'n vrystaande bad met 'n stort en verhitte handdoekrelings. Die kamer beskik ook oor die volgende: 'n 50" LCD-TV met 'n BluRay DVD-speler en DStv, 'n lessenaar met 'n stoel, 'n Nespresso-koffiemasjien en 'n yskassie met voorraad.

Die Sea Star Rocks Suites is op die grond- en eerste vloer en kyk oor die see uit. Die Rocks Suite bied 180°-uitsigte deur die 2,6 m-vensters wat uitkyk oor die Atlantiese Oseaan, Kampsbaai-strand, Bakoven en Leeukop. Selfs vanuit die groot Hans Grohe-reënstort en die vrystaande, luukse bad kan jy die uitstekende see-uitsigte geniet.

Die suite beskik oor die volgende: 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed, 2 gemakstoele met 'n koffietafel, 'n groot lessenaar en 'n 60" volledige HD-LCD TV met 'n BluRay-speler en DStv. Die verskeidenheid van 16 verskillende koffie en tee, die Nespresso-koffiemasjien en die voorraad van die stylvolle yskassie sal jou smaakknoppies prikkel. Daar is ook 'n gemaklike rusbank wat opgemaak kan word as 'n ekstra bed. Die groot, privaat terras het sonstoele om gaste se vakansie absoluut onvergeetlik te maak.

Die luukse Private Pool Suite is op die grondvloer van Sea Star Rock. Dit het 'n ruim oopplan-ligging met panoramiese vensters wat uitkyk oor die Atlantiese Oseaan, Kampsbaai-strand en die majestueuse Leeukop. Daar is gemaklike leunstoele met 'n koffietafel in die leefarea asook 'n ontwerper-slaapbank wat die Private Pool Suite ideaal maak as 'n wegbreekplek vir gesinne.

Hierdie suite beskik oor die volgende: 'n ekstra lang koninggrootte-bed, 'n 60" LCD-TV met 'n BluRay-DVD-speler en DStv. Die knus kaggel maak hierdie suite ideaal as 'n romantiese wegbreekplekkie. Die oop en vrystaande bad en die Hans Grohe-reënstort in die badkamer bied ook fantastiese see-uitsigte. By die privaat swembad sal gaste 'n buitestort en gemaklike sonstoele vind vir ontspanning en genot. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien met 16 verskillende koffie-tipes wat jou smaakknoppies sal prikkel.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Sea Star Rocks
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Theresa-laan 26, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Star Rocks het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R6 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theresa-laan 26, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzMmM4OTA5LTY0NjAtNDA5OS1hYTY4LTg0ZWZjNmI0ZDVhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 200  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 26 Theresa Avenue Camps Bay 8040 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -33.962387797091 18.384051635582
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!