by Sea View | LekkeSlaap
+17

Sea View

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooidraai-weg 43, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 800 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Sea View in Heroldsbaai is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 'n see-uitsig het. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Nog twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie privaat badkamer met 'n toilet en 'n stort. Drie van die kamers het seeuitsig. Daar is twee addisionele slaapplekke ('n enkelbed en 'n slaapbank) wat in algemene areas staan en op aanvraag ook gebruik kan word vir slaapdoeleindes.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, en koffie- en teemaakgeriewe in. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar.

Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel geniet en in die sitarea voor die TV met basiese DStv en 'n kaggel ontspan.

Die leefarea lei na 'n dek met 'n see-uitsig en daar is 'n binnebraai. Die perseel is nie omhein nie, dus word troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.

Sea View is 100 m van die plaaslike restaurant af, 800m padlangs van die strand af waar gaste lekker kan swem, branderplankry en visvang, en 2 km van Oubaai Gholflandgoed af. Die George Gholfbaan en Fancourt is ook net 'n halfuur se ry ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea View sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Sea View
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rooidraai-weg 43, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooidraai-weg 43, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAexwdiZtOCGVzSEVvaUr3nZI31pWRrrXqXHQIpnE4FSOw6xrARA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800  per nag, vir 8 mense 19 5 1 5 43 Rooidraai Road Herolds Bay 6530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.051170492689 22.392533747616
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem