Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seabird Point

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 5

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Seabird Point
Netheid
4.0/5
Diens
2.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5
Emsie P - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Emsie P
Gesin met tieners

Ongelooflike ligging, baie privaat en smaakvol gemeubileer

Dit was ‘n wonderlike plek om in afsondering die natuur te geniet en baie privaat. See op jou voorstoep en die huis is pragtig en gerieflik ingerig. Ons kon nie vir ‘n beter plek gevra het gedurende die inperking nie. Dit was egter baie duur maar onder omstandighede, vir die privaatheid en afsondering, was ons bereid om dit te betaal. Ongelukkig is daar ‘n paar negatiewe punte: Die pad na die huis is ‘n uitdaging vir ‘n voertuig met normale grondvry hoogte, ondanks wat daar gesê word. Ons was gevra vir 'n breekskade deposito van R3500 wat ons betaal het maar moes aanhoudend opvolg net die agent (Weskuskuier) om die deposito terug te kry. Daar was ook miskommunikasie oor die uitkloktyd. Oond en oondpanne was nie skoon nie en ons het verkies om dit nie te gebruik nie. Dit is 'n refleksie op die agent en nie op die plek nie. Ons moes wasgoed was aangesien ons nog verder met vakansie gegaan het. Ons het ons klere ingegee by Washed up oorkant Spar in die dorp maar klere is gesteel en beskadig. Gebruik liewer die fasiliteite beskikbaar by die huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Seabird Point se terugvoer

Baie dankie vir u resensie Emsie, en ons is baie gelukkig om te hoor dat u so beindruk is met die huis en die reservaat.
U opmerkings oor sekere sake is opgelet en ons vra vir verskoning vir enige ongerief. U is die heel eerste gas wat probleme gehad het en ons het die saak met ons bestuurende agent, Weskuskuier, opgevat en sal seker maak dat dit nie weer gebeur nie.
Ongelukkig was die pad na die reservaat deur 4x4 entoesiaste oor die vakansie tyd verniel en ons het dit met die paaie department opgeneem. Gewoonlik is dit geen probleem vir 'n gewone kar om deur te kom.
Ons merk op dat u opmerkings oor die wasgoed het niks met Seabird Point of Weskuskuier te doen en was u eie keuse. Daar is 'n wasmasjien by Seabird Point vir ons gaste se gerief.
Ons let op dat u ons spesiale 30% afslag gekry het vir die huur en ons kan nie saam stem, dat vir 'n huis wat 10 mense huisves en absoluut privaat, teen die see in a natuur reservaat staan, dat ons prys duur is nie. Ons het nooit voorheen 'n beswaar teen ons pryse gehad nie.
Ons waardeer u opmerkings en sal dit gebruik om ons hoe standaard na voorentoe te verbeter.

Seabird Point
Vanaf R4 350
R4 350 R3 480
per nag (plek vir 6)
Vanaf R4 350
R4 350 R3 480
per nag (plek vir 6)
Vanaf R4 350
R4 350 R3 480
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seabird Point, Groot Paternoster Punt Privaat Natururreservaat, Britanniabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEkasTIKnidMqetdZ37lI0UfpgYIR2h25Vn2SbZERQIesYMo5wo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 350 nouVanaf R3 480 per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 Seabird Point Groot Paternoster Punt Private Nature Reserve 7282 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -32.741369139569 17.897339106336
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem