Seacastle Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seacastle Guesthouse is 'n dubbelverdiepinghuis met 8 slaapkamers en 8 badkamers wat teen die strand geleë is. Die kombuis is ten volle toegerus, en sal jou so tuis soos by jou eie huis laat voel. Daar is 'n ysmasjien, diepbraaier, sesplaat-gasstoof met elektriese oond, yskaste en ekstra vrieskaste waarin jy jou vangs van die dag kan bêre.

Die onthaalarea het 'n kroeg, 'n pool-tafel en 'n veerpyltjiebord. Daar is ook ekstra tafels en stoele as jy ontbyt in die kroegarea wil geniet. Die pragtige, blou swembad is 'n lewensredder vir daardie warm Port St. Johns-somersdae wanneer die strand ondraaglik warm word, en jy nie kaalvoet op die sand kan loop nie. Daar is nóg 'n dek aan die een vleuel van die huis met 'n tafel met 12 stoele, en 'n draagbare braai-area met 'n gasplaatstoof waarop jy jou ontbyt elke oggend kan voorberei terwyl jy die volledige uitsig oor die strand en die see bewonder.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seacastle Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 400 per nag (vir 18 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za