Houtbaai Akkommodasie by Seacliffe Lodge B&B | LekkeSlaap
+16

Seacliffe Lodge B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliff-weg 2, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Seacliffe Lodge is een van die min verblyfplekke in Houtbaai wat naby die see, strand en hawe geleë is. Ons is net 15 km van die Kaapse middestad af en omring deur pragtige berge. Houtbaai is welbekend vir sy pragtige ligging en die skilderagtige Chapman's Peak-roete.

Hierdie luukse verblyf het stylvolle en gerieflike kamers met vars katoenlinne. Vyf van die kamers is en suite met 'n bad en stort (1 kamer is en suite met slegs 'n stort) asook 'n kluis, haardroër en TV. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in die kamers en alle nodige geriewe in die badkamer. Ons bied ook 'n gesinskamer. WiFi is beskikbaar.

Word wakker met die geur van 'n heerlike ontbyt wat voorberei word terwyl jy gereed maak vir die dag se avontuur. Ontbytgraan, vrugteslaai, sap, tee en koffie word as aptytwekker bedien. Daarna is dit eiers (volgens jou keuse voorberei), spek, sampioene, worsies en tamatie.

Ons is stapafstand vanaf verskeie restaurante soos die beroemde Mariners Wharf Side Grill en Lookout Restaurante.

Na 'n dag van avontuur en verkenning kan jy jou skoene uitskop en by ons soutwaterswembad ontspan terwyl jy jouself verlustig aan die uitsigte oor die berge en die hawe. Daar is ook 'n skoonheidsalon en 'n eerlikheidskroeg op die perseel.

Die walvisseisoen is van Augustus tot begin November waartydens walvisse 'n draai in die baai kom maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 20 resensies vir Seacliffe Lodge B&B
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Seacliff-weg 2, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seacliffe Lodge B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliff-weg 2, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwNGVmNGNjLTlkNjAtNGI2MS04ZTBlLWU3YmE3NTg2MDcxYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 2 Seacliffe Road Hout Bay 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -34.04772583264 18.346534967422
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za