SeaKaya

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die selfsorghuis is teen die strandfront en is ideaal vir 'n gesinsvakansie. SeaKaya is weggesteek van die besige dele en bied van die beste uitsigte oor die see, rotspoele, fynbos en die berge in die verte. SeaKaya is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat graag wil walviskyk en wegbreek oor naweke.

Die woonstel het 4 slaapkamers en 2 badkamers, met 'n bad en 2 storte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die oorblywende 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens elk. Alle beddegoed word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke bring.

Die ruim sitkamer het 'n TV en skakel met die kombuis met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, aparte vrieskas, eetgerei en breekware vir 8 mense en sluit alle ander gereedskap in. Die huis het 'n binnebraai wat op die groot stoep oopmaak wat spog met die mooiste uitsig oor die see. Die huis het 'n dubbelmotorhuis en buitebraaigeriewe. Daar is ook 24 uur-sekuriteit.

Van Julie tot November kan ons gaste die walvisse van die hoofslaapkamer, sitkamer, kombuis, braai-area en dek dophou. SeaKaya is omtrent 35 km van Hermanus af en 175 km van Kaapstad af en net 90 minute se ry sal jou by die Kaapstad Internasionale Lughawe bring. Die huis is teen die Duiwelsgat Staproete geleë. Dié roete kronkel verby heelwat historiese terreine voordat dit by Klipgat, 'n grot uit die steentydperk, uitkom.

Slaapplek

'n Bespreking by SeaKaya sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SeaKaya gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za