Seal Point @ Cape St Francis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seal Point @ Cape St Francis is in die Kaap St Francis-oord geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige huis met 4 slaapkamers op die seefront. Besoekers kan uitsigte oor die see en 'n skemerkelkie, vanaf 'n privaat dek tussen die duine, geniet.

Die huis het 4 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond en 'n stoof. Die leefarea beskik oor 'n eettafel met 12 stoele en 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar by die oord se ontvangs. Daar is 2 ruim dekke met uitsigte oor die see. Die onderste dek is beskut teen die weer. Daar is ook 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel op warm somersdae.

Die Joe Fish Restaurant, waar gaste heerlike seekos kan nuttig, is binne stapafstand van die huis geleë. Daar is ook verskeie ander restaurante in die omgewing. Kaap St Francis is 'n uur en 'n half se ry van Port Elizabeth en 2 ure van Plettenbergbaai geleë. 'n Besoek aan die Addo Nasionale Olifantpark (148 km), Shamwari Wildreservaat (182 km) en Bloukransrivierbrug (132 km), is ideaal vir daguitstappies.

Slaapplek

'n Bespreking by Seal Point @ Cape St Francis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seal Point @ Cape St Francis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false