Umhlanga Akkommodasie by SeaLaVie Umhlanga | LekkeSlaap
+28

SeaLaVie Umhlanga

Selfsorg
  • Vanaf R2 499 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 28, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5

Beskrywing

SeaLaVie Umhlanga is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig en slaapplek vir 6 gaste in Umhlanga Rocks.

Dié woonstel het lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Die hoofslaapkamer bied 'n lieflike see-uitsig en het 'n koninggrootte-bed. Die kamer het ook 'n elektroniese kluis en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n see-uitsig en 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar.

Die sitarea het 'n TV met Netflix en WiFi is beskikbaar. Die woonstel word elke tweede dag skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste kan van die swembad gebruik maak. Veilige parkeerplek word voorsien en die kompleks het 'n elektriese heining, outomatiese hek en 24 uur-sekuriteit.

SeaLaVie Umhlanga is 500 m vanaf Umhlanga Rocks-sentrum, die dorp, Woolworths, PicknPay en ander restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by SeaLaVie Umhlanga sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Lagoon-rylaan 28, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 499
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 499
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 499
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 28, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXdSWwmee0AK0G1owqDO2otgX5u3yPe4cAo6WHgRC6heIHsA8Ds?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 499  per nag (plek vir 6) 28 Lagoon Drive Umhlanga 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.721712725647 31.088113700064
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za