Seals

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seals is in Kaap St Francis, 'n gewilde bestemming vir 'n gesinsvakansie in die Oos-Kaap. Die verblyf is ideaal vir vakansiegangers op soek na 'n bekostigbare gehaltevakansie naby talle doendinge en besienswaardighede.

Die woonstelle is in die wêreldbekende Kaap St Francis Strandoord en bied verskeie opsies om enige groep se behoefte te pas.

Daar is 10 semi-losstaande chalets wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Elke chalet het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n oopplan-kombuis wat vir selfsorg toegerus is, en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is 2 groter eenhede wat elk 2 slaapkamers het en geskik is vir klein gesinne. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die solderslaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n ruim stort, 'n toilet en wasbak. Die kombuis het alles wat gaste vir selfsorg benodig en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die Fullstop House is die grootste opsie en beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus vir 'n sorgvrye selfsorg-vakansie en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Ons bied doendinge aan gaste, soos vlieërbranderry en bootvaarte in die kanaal. Die oord se geriewe, soos swembaddens, 'n restaurant, kroeg en koffiewinkel, is tot gaste se beskikking. Daar is ook 'n gemeenskaplike lapa met braaigeriewe waar gaste lekker kan kuier.

Seals is lekker naby die strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seals gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false