Struisbaai Akkommodasie by Searenity | LekkeSlaap
+14

Searenity

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seewierstraat 22, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Searenity is 'n gerieflike selfsorghuis vir 6 mense in Struisbaai, sowat 200 m van die hawe af.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Die derde kamer het 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Daar is 'n wasmasjien en strykgeriewe beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en gaste is welkom om hul eie -dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saam te bring indien hulle volle DStv wil hê.

Die sitarea lei met 3 trappies en 'n reling na 'n ingeboude braai-area. Die braai-area lei na 'n omheinde tuin en veilige parkeerplek is vir voertuie en bote beskikbaar.

Searenity is sowat 600 m vanaf die hoofstrand geleë. Struisbaai bied verskeie doendinge soos visvang, bootvaar, vlieërbranderry, kajakvaar, pylstert-kyk in die hawe, en walviskyk tussen Julie en Augustus. Gaste kan ook die 4 km staproete na L'Agulhas aflê om die Quoin Point-vuurtoring en die Kaap Agulhas-vuurtoring Museum te besoek. Daar is ook verskeie ander voetslaanroetes in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Searenity sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Seewierstraat 22, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seewierstraat 22, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0bfd7f250018b82ef0601fc6d7819e3faeb648861d7479008f000408697d6ba3058f8f299c249018c0e024a71a557ca6756?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 6) 22 Seewier Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.802423035769 20.055163705047
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za