Seaside Village B24 by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 15 % af

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Seaside Village B24 by CTHA is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Big Bay, Kaapstad. Dié woonstel is ideaal vir 6 gaste wat op soek is na gemaklike verblyf naby die strand en ander geriewe.

Die woonstel is op die 4de vloer geleë en met trappe of 'n hysbak bereikbaar. Die smaakvol versierde woonstel bestaan uit 3 slaapkamers waarvan 2 oor koningingrootte-beddens beskik en die derde kamer oor 2 enkelbeddens. Verder is daar ook 2 badkamers wat met 'n stort of bad, wasbak en 'n toilet ingerig is.

Die kombuis is goed toegerus met alle kooktoebehore, asook 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en lei na 'n balkon. Die grondvloer van die kompleks bied ook restaurante, winkels en gemeenskaplike wasgoedgeriewe.

Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is in die kelder van die kompleks beskikbaar met 24 uur-sekuriteit op die perseel. Seaside Village B24 by CTHA is 5 tot 10 minute se ry vanaf die strand, winkels en restaurante. Die eiendom is ook net 'n entjie se ry vanaf die Bayside-winkelsentrum, Virgin Active en Milnerton Waterpark.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaside Village B24 by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaside Village B24 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 R1 658 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za