Seaview Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seaview Cottage is 'n grasdakkothuis met 2 slaapkamers in die plattelandse Matokazini in Transkei, sowat 5 km van Koffiebaai af. Seaview Cottage bied 'n ontspanne wegbreek waar gaste mekaar se geselskap rondom die braai kan geniet en saam die pragtige sonsondergang, rustige atmosfeer en uitsigte oor die ongerepte landskap kan bewonder.

Alhoewel die kothuis nie op die strand is nie, het dit lieflike uitsigte oor die Mthatharivier en die Indiese Oseaan. Die kothuis het slaapplek vir 8 gaste en dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n kombuis en 'n eetkamer. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die kombuis het 'n gasstoof, yskas en 'n diepvrieskas. Daar is 'n gaswarmwatersilinder vir die stort en die ligte werk met beide sonkrag en Eskom-elektrisiteit. Linne en draagbare braaigeriewe word voorsien. Daar is 2 personeellede vir die kothuis.

Die ligging is 'n paradys vir vissermanne en dit is ideaal vir rivier-, rots- en brandervisvang. Ander doendinge sluit stap, voetslaan, voëlkyk en fietsry. Die kothuis is ten volle omhein en troeteldiervriendelik. Weens die toestand van die pad word 'n nutsvoertuig of 4x4 aanbeveel, maar voertuie met 'n laer grondvryhoogte sal wel die kothuis kan bereik indien hulle versigtig ry. 'n Minimum van 2 gaste word aanbeveel.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaview Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaview Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false