Sedgefield Island Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sedgefield Island Holiday House is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis, ideaal geleë op The Island, 'n kort afstand vanaf die bekende Wild Oats-markie in Sedgefield. Die lieflike huis is troeteldiervriendelik en spog met 'n privaat swembad. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping en 'n aparte badkamer. Op die onderste verdieping is die vierde slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Daar is ook nog 'n aparte badkamer.

Op die onderste verdieping is daar ook 'n oopplan-leefarea met 'n sitkamer, eetkamertafel, kroegarea en 'n goed toegeruste kombuis met 'n wasmasjien. Skuifdeure bied toegang tot 'n gedeeltelike onderdakpatio met 'n eetkamertafel wat lei na 'n ruim tuin met 'n ingeboude braai-area en 'n privaat swembad wat omhein is. Daar is oorgenoeg spasie buite vir kinders om te speel en troeteldiere om rond te hardloop.

Die huis het ook volledige DStv, lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea, alarmstelsel en onderdakparkeerplek.

Sedgefield is ook bekend as Afrika se eerste "Slow Town" en bied 'n tuiste aan verskeie buitelugdoendinge, soos visvang, valskermsweef en swem. Daar is ook verskeie restaurante, winkels en die plaaslike markie wat elke Saterdag plaasvind, reg in die pad af van Sedgefield Island Holiday House.

Slaapplek

'n Bespreking by Sedgefield Island Holiday House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sedgefield Island Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za