Sedgefield Akkommodasie by Sedgefield Lagoon Log Cabin | LekkeSlaap
+13

Sedgefield Lagoon Log Cabin

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 FishEagle Straat , Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 495 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sedgefield Lagoon Log Cabin is 'n gerieflike vakansiehuis met uitsigte oor die strandmeer en see, en is in die kusdorpie Sedgefield geleë. Dit is ideaal vir 'n naweek of vakansiewegbreek saam met vriende en familie.

Hierdie dubbelverdieping-houthuis is gerieflik ingerig en het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 2 slaapkamers op die boonste verdieping wat 'n badkamer met 'n bad en stort deel. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer geleë en het 'n en suite-badkamer met net 'n bad. Die tweede slaapkamer op die grondvloer het 'n badkamer met net 'n stort. Al die slaapkamers het dubbelbeddens.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus met al die geriewe wat jy nodig het. Die kombuis het 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n glanskool-verwarmer en daar is 'n TV, DVD-speler en DStv-kanale wat op versoek beskikbaar is. Die leefarea het skuifdeure wat na die houtdek met braaigeriewe en stoepmeubels lei. En die huis het 'n alarm, gewapende reaksie en 'n kluisie.??

Daar is heelwat doendinge in die omgewing: voetslaan, visvang, fietsry, vlieërbranderry, valskermsweef, voëlkyk, gholf en watersport. Die perseel is stapafstand van die strandmeer en die strand af. Restaurante, winkels en banke is ook lekker naby. Hierdie instansie is nie troeteldiervriendelik nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Sedgefield Lagoon Log Cabin sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 5 resensies vir Sedgefield Lagoon Log Cabin
Netheid
4.0/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 7 FishEagle Straat , Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgefield Lagoon Log Cabin het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 495
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 495
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 FishEagle Straat , Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkyNjBmY2Y3LWU0MjctNDA2NC1hZDdlLTQzNmFkNGI0MzY0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 495  per nag (plek vir 8) 5 5 1 4 7 FishEagle Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.024009488647 22.804865241051
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za