Hermanus Akkommodasie by Seebries | LekkeSlaap
+18

Seebries

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 16:00
  • Adres: Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seebries is 'n selfsorg-vakansiehuis in 'n stil buurt in Vermont. Die huis se leefarea en dek bied 'n 180-grade-uitsig oor die see. Dis net 150 m vanaf die lieflike paadjie wat na Onrusstrand lei.

Daar is 2 verdiepings, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer onder het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad en 'n deur wat na die agtertuin lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die agterplaas is omhein en daar is 'n braai onder die groot melkhoutboom.

Die tweede badkamer word gedeel en het 'n stort en aparte toilet. Die oopplan-kombuis met yskas, oond, stoof en ander ware is bo. Langsaan is 'n leefarea met 'n kaggel en 'n dek met braaigeriewe. DStv en WiFi is beskikbaar.

Seebries is net 7 km vanaf die Hemel-en-Aarde Wynroete en 10 km vanaf Hermanus se walviskykpunte, restaurante en winkels. Seebries is die ideale plek om te ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Seebries sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Seebries
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seebries het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 16:00
  • Adres: Krintangsingel 16, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz5zp7lrvqhWodRpLoJADH5KqXLFg6PJZh7Wv3P6MWajIy0K0iM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 16 Krintang Street Vermont 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 10:00-17:00 16:00 -34.41959 19.15468
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za