Seeduiker

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seeduiker is 'n netjiese selfsorgwoonstel in die gewilde Langebaan Country Club teenaan die Weskus. Die woonstel is op die eienaar se perseel en is ideaal vir 'n naweekwegbreek.

Die woonstel het slaapplek vir slegs 4 gaste (ekstra gaste sal nie toegelaat word nie). Dit beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -slaapkamer en trappe wat na 'n solderkamer lei. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die solderkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n broodrooster en 'n ketel. Die knus leefarea het 'n staanwaaier.

Daar is braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke, DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Langebaan is in die Weskus by 'n strandmeer, dis sowat 'n uur se ry vanaf Kaapstad, en dien as 'n ideale basis om die Weskus te verken. Daar is talle besienswaardighede in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Seeduiker sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seeduiker gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za