Seehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seehuis is 'n pragtige grondvloer-eenheid in die Khamangabay Estate in Chintsa aan die Wildekus. Dié kusdorpie het lieflike sandstrande, duinwoude, strandmere en riviere.

Die eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het skuifdeure na buite.

Die oopplan-leefarea en kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolf, yskas, breekware, eetgerei en 'n ontbyttoonbank met stoele. Verder is daar 'n gemaklike sitarea en 'n TV met DStv.

Die leefarea het skuifdeure na 'n stoep met 'n braai en 'n pragtige uitsig oor die see.

Seehuis is net 70 m van die strandfront af en die landgoed het 'n privaat paadjie wat direk na die strand lei.

Daar is talle eetplekke in die omtrek en besienswaardighede sluit die Inkwenkwezi Privaat Wildreservaat, Gonubie Voëlreservaat en Gonubie Gholfklub in.

Slaapplek

'n Bespreking by Seehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false