Seesig Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Apr 2019 tot 4 Des 2019.

Beskrywing

Seesig Chalet is 'n vakansie-chalet naby die hoofstrand in Jongensfontein, 'n kusdorpie langs Stilbaai op die skilderagtige Tuinroete. Die chalets is ideaal vir gesinne wat op soek is na stil bestemming vir 'n selfsorg-seevakansie. Hierdie eenhede het plek vir 4, 6, 7 of 8 gaste.

Akkommodasie bestaan uit 9 volledig toegeruste selfsorg-woonstelle. Elke chalet het 'n leefarea en 'n kombuis wat toegerus is met 'n vierplaatstoof en kookblad met oond, 'n mikrogolf, 'n yskas/vrieskas, broodrooster, breekware en eetgerei. Elke chalet het onderdak-braaigeriewe. Die leefkamer het 'n TV met DStv, maar gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring.

Die kuslyn het pragtige strande, indrukwekkende rotse en verskeie rotspoele vir kinders om in te speel. Daar is ook 'n klomp plekke waar jy kan visvang en swem, en ook goeie plekke vir walviskyk.

Neem asb. kennis van die volgende:
• Beddegoed en handdoeke word nie voorsien nie. Beddegoed kan gehuur word.
• Al die eenhede het DStv-toegang. Bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart.
• 'n Gebeurlikheidsdeposito van R400 per woonstel is betaalbaar met aankoms. Dit word binne 7 werksdae in jou rekening terugbetaal.
• Ons aanvaar nie tjeks nie en het ook nie kredietkaart- of debietkaartgeriewe nie.
• Ons aanvaar Mastercard en Visa kaarte.
• Besprekings word gedoen op 'n eerste gesien, eerste bedien basis. D.w.s., jou deposito verseker jou bespreking.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seesig Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R525 per nag (plek vir 6)

Kry 25% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Apr 2019 tot 4 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za