Seester Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seester Accommodation is 'n ruim dubbelverdiepinghuis wat teen die strand in die vissersdorpie Lambertsbaai geleë is. Hierdie selfsorghuis kan 6 mense gerieflik akkommodeer. Gaste kan die klank van die see van hul voorstoep af geniet.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 volledige badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en hulle deel 'n badkamer. Die kombuis is volledig toegerus en daar is ook 'n wasmasjien. Die sitkamer is ruim met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n ingeboude braai in die sitkamer en ook 2 braai-areas buite. Gaste het pragtige uitsigte oor die see vanaf die braai- en balkon-areas.

Seester Accommodation het 'n toesluitmotorhuis en deel toegang tot die perseel met gaste van Seester Cottage deur 'n afstandbeheer hek. Albei eenhede is privaat. Die perseel is 2 en 'n half ure se ry van Kaapstad af, en is dus die ideale bestemming vir 'n vakansie of 'n naweekwegbreek. Behalwe vir al die besienswaardighede in en om Lambertsbaai, soos kreefduik, visvang, walviskyk en die voël-eiland, is dit ook in die wêreldbekende blomme-mekka, Namakwaland, geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seester Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za