Struisbaai Akkommodasie by Seewaarts | LekkeSlaap
+17
+17

Seewaarts

B&B
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chlamysstraat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seewaarts is in die Langezandt Fishermen's Village geleë, 'n bekoorlike landgoed in Struisbaai naby die strand. Die dorpie het een van die langste ononderbroke strande in die suidelike halfrond, witgebleikte vissermanhuisies, kleurvolle bote en 'n werkende hawe.

Dié vakansiehuisie bied verblyf in 'n eenslaapkamerkothuis en 'n drieslaapkamerhuis in 'n omheinde binnehof. Die kothuis het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die hoofslaapkamer in die hoofhuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n solderkamer op die tussenvloer met 2 enkelbeddens. Die 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort het.

Die hoofhuis het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n TV met DStv, etenstafel, sitarea en 'n kaggel. Die eenheid bied 'n beskutte braai-area, omheinde tuin en veilige parkeerplek.

Die hoofstrand is die perfekte plek vir watersport, soos kajakvaart, bootvaart, branderplankry, lyfplankry, visvang en vlieërbranderry. Gaste kan ook skulpies optel, op die strand wandel en walviskyk.

Slaapplek

’n Bespreking by Seewaarts sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Chlamysstraat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chlamysstraat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAG2bXO2UGK83BP6eqvrC507PZW6njkWaWY8HT6moLBSxSCgOUG7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 8) Chlamys Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.789704698053 20.042118165854
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za