Segodi Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Segodi Game Lodge lê weggesteek in die Limpopo-provinsie, ongeveer 300 km van Johannesburg of Pretoria af. Dis diep in Afrika se Savanne-bosveld en min of meer halfpad tussen Thambazimbi en Ellisras. Ons bied 'n eersteklas-wildlodge en jagplaas van ongeveer 1000 hektaar met 'n volledige wildsheining.

Segodi Game Lodge het 'n informele, ontspanne, koloniale "Out of Africa"-atmosfeer en bied gaste 'n ruim leefarea en eetkamer met gemaklike rusbanke, die ideale plek om te ontspan. Daar is 'n vol grasdakkroeg wat oor die tuin en swembad uitkyk, asook 'n soliede boma, waar die son plek-plek deurskemer, wat vir aandetes gebruik word.

Verblyf word aangebied in privaat, luukse chalets, elkeen met sy eie en suite-badkamer, instapklerekas en veranda. Kamergeriewe sluit lugversorging, waaiers, muskietnette op die vensters en muskietweerder in. Die chalets word daagliks skoongemaak.

Die lodge se veranda beskik oor 'n uitvoerige biblioteek. Die klein swembad, geleë in die welige tuin, is die ideale plek vir gaste wat wil swem, lees of net lekker ontspan. Gaste kan aansluit by wildritte, begeleide staptogte in die bosveld en na die tyd heerlik ontspan met 'n glasie wyn, 'n bier of 'n sagte drankie. Daar is 'n privaat vliegveld stapafstand van die lodge af. Die lodge het 'n kragopwekker en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Segodi Game Lodge is 'n unieke stukkie ongerepte bosveld met eksklusiewe "bow blinds" en geweerjag-gebiede met 'n verskeidenheid spesies, van skugter steenbokke tot grasieuse kameelperde. 'n Groot verskeidenheid bokke kom hier voor, soos die duiker, bosbok, vlakvark, rooibok, blesbok, rooihartbees, blouwildebees, gemsbok, koedoe, sebra, waterbok en eland. Hier is selfs volstruise. Ander wild, soos die luiperd, jagluiperd, bruinhiëna, rooikat, aardwolf, Afrika-sivetkat, bakoorjakkals en die rooijakkals is ook volop.

Segodi Game Lodge is naby Steenbokspan en die Matlabasrivier op die Soutpanpad in Lephalale (Ellisras) in Limpopo geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Segodi Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R990 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]