Wakkerstroom Akkommodasie by Semi Soet | LekkeSlaap
+11
+11

Semi Soet

  • Vanaf R2 400 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekstraat 97/2 , Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Semi Soet is 'n ruim selfsorghuis in Wakkerstroom. Dit is lekker sentraal geleë ten opsigte van die winkels, kunsgalerye, en restaurante in die middedorp. Wakkerstroom word omring deur 'n groot vleiland en dit staan bekend as een van die beste voëlkyk-omgewings in Suid-Afrika.

Dié moderne huis bied slaapplek aan 6 mense in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Al die slaapkamers het elektriese komberse. Daar is 2 badkamers - een met net 'n stort en die ander een met bad en stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, en 'n eetkamertafel met sitplek vir 6. Die kombuis lei na 'n sitkamer-area met 'n gerieflike rusbank en 'n kaggel. Skuifdeure maak oop op 'n groot veranda met 'n ingeboude braaiplek. En parkeerplek is beskikbaar in 'n enkelmotorhuis.

Besoekers word gewoonlik oorweldig deur die eindelose grasveld wat strek tot by die blou berge op die horison.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 40 resensies vir Semi Soet
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hoekstraat 97/2 , Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Gaste dink Semi Soet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)

Sien meer verblyf in

Wakkerstroom Mpumalanga
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoekstraat 97/2 , Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhZGE1ZTY2LTc0MGEtNGUyYy05YzQzLTUyN2Y3NTBhNDAwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 6 persone) 40 5 1 5 97/2 Hoek Street Wakkerstroom 2480 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -27.356417723157 30.137171821288
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za