SereNight Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SereNight Gastehuis is aan die oewer van die Moreleta-spruit in die stil en rustige voorstad van Lynnwood Ridge, Pretoria geleë.

Ons bied 10 ruim, "executive" suites met privaat ingange. Elke suite het lugversorging, 'n koningingrootte-bed met gehalte linne, 'n en suite-badkamer, sitkamer en volledig toegeruste kombuisie.

Die kombuis is toegerus met 'n ketel, mikrogolfoond, induksieplaat, potte en 'n pan, breekware, eetgerei en 'n yskas vir selfsorg. Elke suite het 'n platskerm-TV, 'n luukse rusbank en 'n werkstasie. Ons bied gratis WiFi en sekere DStv-kanale.

Elke suite het 'n balkon met 'n pragtige uitsig op die tuin of die Moreleta-spruit. Ontspan hier teen sononder en jy kan luister na tarentale, bosvisvangers, vleiloeries, grysloeries en vele ander bosgeluide.

Die gastehuis het veilige parkeerplek agter 'n elektriese heining met 'n elektriese hek.

Vra ons vir die heksleutel na die Moreleta-spruit as jy rustig wil gaan wandel of draf langs die spruit. As jy gelukkig is sal jy visse, kolganse en tarentale sien.

Ons verskaf 'n stil, rustige en veilige omgewing aan sakereisigers is of aan 'n paartjie wat graag 'n romantiese aand in 'n rustige, stil omgewing wil deurbring.

Ons bied nie verblyf aan kinders onder 7 jaar nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SereNight Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]