Cannonville Akkommodasie by Settle Inn Self Catering Accommodation | LekkeSlaap
+33

Settle Inn Self Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Derdestraat 3, Riverside Park, Colchester, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Settle Inn Self Catering Accommodation is in Colchester, 'n pragtige dorpie langs die Sondagsrivier. Dit is sowat 40 km oos van Port Elizabeth en ongeveer 800 m vanaf die nuwe Southgate-ingang na die Addo Olifant Nasionale Park, Kamp Matyholweni geleë.

Eenheid 1 het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n lapa en 'n plonspoel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die ander badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die plonspoel is eksklusief aan die gaste wat in Eenheid 1 bly.

Eenheid 2 het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het stapeldeure wat lei na 'n privaat area. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbythoekie met stoele, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 10 resensies vir Settle Inn Self Catering Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Derdestraat 3, Riverside Park, Colchester, 6170, Oos-Kaap
  • Gaste dink Settle Inn Self Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Derdestraat 3, Riverside Park, Colchester, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGQG7IAlBwRDzE9WlqUwpnOMvxpT7Os0uSBju8zvSo8VlijWQbN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 No 3 Third Road Riverside Park 6170 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.697494 25.798482
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za