Seventy9

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seventy9 is naby die hartjie van Newton Park geleë en is 'n stil toevlugsoord wat voorsiening maak vir gesinne. Daar is 2 klein honde wat op die perseel woon en hulle is geneig om hulself besig te hou, en hou daarvan om alleen gelos te word. Die woonbuurt is sentraal geleë en bied maklike toegang tot Kaapweg wat meeste van die stad verbind. Dit is ook veilig om gedurende die dag rond te loop, maar beweeg tog na eie goeddunke.

Verblyf is in 3 tuinwoonstelle beskikbaar, waarvan 2 slaapplek vir 3 gaste in enkelbeddens het en die derde een slaapplek vir 5 in 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens. Elke woonstel beskik oor 'n TV en 'n semi-toegeruste selfsorgkombuisie. Komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe word voorsien, asook handdoeke en ander benodigdhede, sodat gaste net hul persoonlike toiletware hoef in te pak.

Die woonstel, met slaapplek vir 5 gaste, se sitkamer is ruim en netjies en die perfekte plek om bordspeletjies te speel en TV te kyk. Ons stel voor dat gaste hul eie internetstokkie saambring indien internet benodig word, want daar is beperkte WiFi beskikbaar vir 'n noodgeval. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die woonstelle is koel en 'n plesier om in te ontspan. Of jy nou vriende of familie in die dorp besoek, of hier is vir 'n troue of 'n sportgeleentheid, Seventy9 maak voorsiening vir alle gaste. Ons is naby die Greenacres and Bridge-winkelsentrum, die Super Spar, die Pick 'n Pay, die openbare biblioteek, Greenacres Hospitaal, verskeie winkels en restaurante langs Kaapweg, sowel as 'n paar parke vir die kinders en kroeë vir die ouers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seventy9 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za