25% af Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Seweweekspoort Akkommodasie by Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp | LekkeSlaap
+12
+12

Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp

9 resensies
Kampeer/karavaan
  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 25% af
  • Vanaf R300 R225 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandrivierplaas, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Op-die-Plaas Kamp is op 'n pragtige werkende plaas, Sandrivier, geleë. Dit is omring deur die Klein Swartberg aan die een kant en die Elandsberg aan die ander kant. Ons plaas is sowat 8 km vanaf die pragtige welbekende Seweweekspoort af, waar gaste die natuur kan geniet en heerlik ontspan tussen die 20 rivierstrome op hierdie goed versorgde grondpad!

Die kampplekke is almal naby 'n dam met lekker sitplek op die gras en lieflike bloekombome. Daar is geen elektrisiteit op die kampterrein nie en warm water word deur 'n gaswarmwatersilinder gegenereer. Die gemeenskaplike ablusieblok het aparte geriewe vir mans en vrouens en albei badkamers beskik oor storte, toilette en wasbakke.

Hout en ys is beskikbaar. Braaipakke en vars plaasbrood is beskikbaar op versoek.

Doendinge op ons plaas sluit die volgende in: melk die koeie, ry saam met die boer om na die beeste en skape te gaan kyk en swem in die plaasdam.

Daar is baie geleenthede vir foto's te danke aan die voëllewe op die dam, die omliggende berge en perde wat vrywei op die plaas. Daar is swartbaars in die dam by die kampeerterrein. Bergfietse en 4x4's is welkom. Die pad op en oor Elandsberg na Elandskloof is gepas vir avontuurlustiges.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 9 resensies vir Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Sandrivierplaas, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R300
Vanaf R225
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Seweweekspoort Wes-Kaap
Langtermynverblyf-aanbod 25% af
Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
was R300
Vanaf R225
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
was R300
Vanaf R225
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandrivierplaas, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxZDM1NTM5LTEzYjMtNDFhOS04NzFhLTU2Nzg4ZjQwMTVkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R300, nou Vanaf R225  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 Sandrivier Farm R323 6900 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.372371578581 21.331592202187
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za