Shady Creek Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shady Creek Cottage is op 'n rustige, pragtige plek geleë net 5 minute van Bonnievale se middedorp af. Die kothuis is op privaat eiendom teen die river en dit bied asemrowende uitsigte oor die Breederivier.

Die kothuis het 2 ruim slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamers het ook Franse dubbeldeure wat toegang bied tot 'n patio-area.

Die kombuis is goed toegerus en dit bied pragtige uitsigte oor die olyfbome. Die groot leefarea het 'n groot eetkamer met 'n biblioteek vol boeke, tydskrifte en speletjies. Verder is daar 'n sitkamerarea met 'n Jetmaster, 'n slaapbank en 'n TV met DStv-hotelpakket. Die sitkamerarea het Franse dubbeldeure wat toegang bied tot die patio met oorgenoeg sitplek. Die patio het braaigeriewe en ongelooflike uitsigte oor die tuin en die rivier. Die gras op die oewer is die perfekte plek vir 'n piekniek of om te ontspan onder die groot bome. Die kothuis het 'n klein jetty wat perfek is vir visvang, swem, kanovaart en voëlkyk.

Goed gemanierde en opgeleide klein hondjies is welkom, maar let asb. daarop dat die eiendom nie omhein is nie. 'n Klein bootjie is beskikbaar en kan gehuur word.

Slaapplek

'n Bespreking by Shady Creek Cottage sluit in:

Area 1 -

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Kindermatras vir 1

Area 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Waaier

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shady Creek Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false