Shamwari Bayethe

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shamwari Bayethe bied verblyf wat alles insluit in die Shamwari Privaat Wildreservaat in die Oos-Kaap. Dié reservaat is die Groot 5 se tuiste en is malariavry.

Daar is 12 luukse tent-staanplekke en elke tent het slaapplek vir 2 volwassenes. Elke tent het ‘n koninggrootte-bed, ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en ‘n buitestort. Daar is 3 eenhede wat ook binnestorte het. Elke tent het lugversorging, WiFi, ‘n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, ‘n elektroniese kluis, ‘n haardroër, ‘n kaggel en ander luukshede.

Elke tent lei na ‘n stoep met ‘n swembadjie. Ontbyt en ander maaltye is ingesluit en word in die eetarea of op die stoep, wat ‘n uitsig oor die watergat bied, bedien. Die lodge bied ook ‘n ontspanningsarea, spa-behandelings, dek met ‘n swembad, kroeg met voorraad en ‘n boetiek-geskenkwinkel.

Twee wildritte is ook ingesluit waartydens die veldwagter tussendeur insiggewende en waardevolle inligting oor die fauna en flora gee.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shamwari Bayethe gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R15 440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false