Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shangri la 408

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Apr 2024 tot 19 Apr 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Shangri la 408 is 'n selfsorg-eenheid in die gewilde kusdorpie Doonside, sowat 30 km suidwes van Durban tussen Amanzimtoti en Illovo.

Dié eenheid is gerieflik gemeubileer vir 'n gesin van 6 en beskik oor 2 slaapkamers en 2 moderne badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die tweede badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n gemaklike slaapbank vir 2 ekstra gaste.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye by die toonbank met sitplek vir 4 geniet of in die sitarea op die gemaklike rusbank voor die TV ontspan. Gaste kan gebruik maak van die gratis WiFi. Die sitarea en die hoofslaapkamer spog met uitsigte oor die see.

Shangri la beskik oor veilige kelderparkeerplek vir een voertuig en 3 hysbakke wat, te danke aan 'n kragopwekker, ook tydens kragonderbrekings werk. Die kompleks het 'n winkel en wegneemete-restaurant met daaglikse spesiale aanbiedinge teen baie bekostigbare pryse. Strandstoele, -sambrele en -waentjies is ook by die winkel te huur. Gaste kan van die gemeenskaplike braaigeriewe, groot swembad of die klein swembad vir kinders, piekniekarea, en speelarea gebruik maak.

Slaapplek

’n Bespreking by Shangri la 408 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 45 resensies vir Shangri la 408
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jaco Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Jaar gelys 2

Ligging

  • Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shangri la 408 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8952e128356ff9ce09e14cfd94b9972ac87986578511006434d854812a3d4c9c9b54de571b7948817c30e1f5534a66f6c3d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 6) 45 5 1 5 7 Lagoon Road Shangri la 408 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.073924408876 30.872532203705
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem