Shangri-La Country Hotel & Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shangri-La Country Hotel & Spa is in die skilderagtige Waterberge, in die hartjie van die bosveld op 'n 32 ha-plaas geleë, sowat 14 km vanaf Modimolle. Dié hotel bied hul eie stukkie tropiese paradys wat 'n gevoel van nostalgie sal optower.

Verblyf bestaan uit standaardkamers, uitvoerende kamers, gesinskamers en rondawels. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en bied 'n privaat en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Die gesinskamers bied slaapplek vir 2 volwassenes op 'n dubbelbed en 1 kind op 'n enkelbed. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste wat uit die stad wil ontsnap en bietjie rustiger wil raak, sal verstaan waarom die naam, Shangri-La, so gepas is. Dit bied welige tropiese tuine, 'n waterval, lowerryke paadjies en rustigheid. In die oop veld langs die hotel swaai apies en bobbejane speels in die bome rond, en hier en daar loop eende en huiskatte ook lui-lekker deur die velde.

Paartjies, families of klein vriendegroepe wat rustige natuurtonele geniet en waardeer, kan dit gerus by dié hotel ervaar. Dit is 'n gemaklike uur en 45 minute se ry vanaf Johannesburg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shangri-La Country Hotel & Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]