Shangri-La Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shangri-La Manor word deur gaste as die juweel van die Tuinroete beskryf. Dié gastelodge is 4 ure se ry van Kaapstad af en is die ideale wegbreekplek vir 'n rustige naweek of welverdiende weeksdagwegbreek op die Tuinroete.

Die verblyf bestaan uit 8 luukse suites wat elk pragtig gemeubileer is met 'n koningingrootte-bed en 'n privaat sitkamer het. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-/CD-speler, yskassie en gratis koffie- en teemaakgeriewe in. WiFi word ook voorsien. Die suites op die eerste verdieping het 'n privaat balkon, terwyl die suites op die onderste verdieping na 'n privaat terras lei.

Shangri-La Manor is in 'n stil en rustige omgewing en bied lieflike uitsigte oor 'n woudagtige vallei en rivier. Gaste kan verversings op die houtdek saam met die sonsondergang geniet of in die buiteswembad op 'n warm dag afkoel. Ontspan in die hoofsitkamer en geniet ons filmteater met sy kringklankstelsel. Vir gaste wat graag aktief wil bly het ons 'n gimnasium.

'n Volledige Kontinentale ontbyt is ingesluit en daar is ook 'n kluis vir kosbare items by ontvangs. Ander geriewe sluit gratis WiFi en veilige parkeerplek in.

Ons maak voorsiening vir sakereisigers, avonturiers, paartjies, vriende wat saam reis of wittebroodpaartjies. Ons help jou om daardie spesiale geleentheid te vier met 'n blommeruiker of vonkelwyn op ys. Doen gerus navraag oor spesiale ritte in een van ons klassieke Rolls Royce-voertuie.

Wildernis is slegs 10 minute vanaf die Blouvlag-strande en restaurante met see-uitsigte. George is slegs 25 minute van ons af en daar is botaniese tuine, die Fancourt-gholfbaan en die Garden Route Mall. Ander nabygeleë kusdorpies soos Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai en Mosselbaai is almal binne 'n uur se ry van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shangri-La Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 150 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za