Shawheim @ Hartenbos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shawheim @ Hartenbos is 'n pragtige gastehuis in die rustige kusdorpie, Hartenbos langs die Tuinroete.

Die gastehuis het slaapplek vir 14 gaste in 2 selfsorg-eenhede en 'n oornagkamer. Die selfsorg-eenhede beskik elk oor 2 en suite-slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens onderskeidelik. Albei eenhede het 'n oopplan-sitkamer met 'n dubbelslaapbank en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met sekere DStv-kanale is in elk eenheid beskikbaar.

Die oornagkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ander geriewe sluit in gratis WiFi in openbare areas, 'n swembad, 'n braai-area en onderdakparkeerplek agter 'n elektriese heining.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Hartenbos-strand, Oubaai Gholfklub, Tuinroete Nasionale Park, Hartenbos Waterpark en Outeniqua Natuurreservaat in. Die ideale tuiste om te kom ontspan en jou battery bietjie te herlaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shawheim @ Hartenbos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false