- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shayamoya op Golela-straat, Golela, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 130 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shayamoya Tiger Fishing & Game Lodge bied 4-ster akkommodasie en is in Pongola, KwaZulu-Natal geleë. Die lodge is perfek vir reisigers wat vir sake of ontspanning wil wegbreek met 'n verskeidenheid aktiwiteite vir onvergeetlike verblyf.
Akkommodasie by dié lodge bestaan uit 10 losstaande chalets met grasdakke is privaat en bied 'n asemrowende uitsig oor Jazinimeer, die Lebomboberge en die Pongola Wildreservaat. Elke chalet is gerieflik ingerig en versier in 'n Afrika-styl. Elke chalet het of 'n dubbelbed, 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens met 'n en suite-houtbadkamer, 'n privaat buitestort en 'n privaat wildkykdek. Daar is ook 'n gesins- en wittebrood-eenheid. Geriewe sluit tee- en koffiegeriewe, 'n waaier, 'n kluis vir waardevolle items en gratis toiletware in.
Shayamoya het 'n ten volle gelisensieerde kroeg, 'n swembad vir die warm dae, tafeltennis, 'n platskerm-TV en gratis WiFi toegang by die boma. Die restaurant op die perseel met die naam 'The Bundu Pot' bied 'n á la carte-spyskaart en buitebraai-aande om die oop vuur. Kinders word lekker vermaak by dié oord en kinderoppassers kan gereël word indien ouers gedurende hul verblyf hier 'n konferensie of spesiale geleentheid bywoon.
Die lodge se eiesoortige aktiwiteite sluit tiervisvang, wildritte, bootritte en 'n spa in vir dié wat bederf wil word.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Shayamoya op Golela-straat, Golela, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shayamoya Tiger Fishing & Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pongolapoortdam Pongola Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shayamoya op Golela-straat, Golela, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom