LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Shearwater on Sea | LekkeSlaap
+7

Shearwater on Sea

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Claude Urban-rylaan 3, Myolistrand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Shearwater On Sea is naby Myolistrand in die kusdorpie Sedgefield. Hierdie gerieflike selfsorgoord bied vir besoekers die geleentheid om die Tuinroete te verken en is ideaal vir gesinne wat gehaltetyd saam wil deurbring.

Die tweeslaapkamer-gesinswoonstel het slaapplek vir 4 gaste of 2 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Daar is ook 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale.

Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die woonstel het ook 'n stoep met braaigeriewe.

Die restaurant op die perseel is by die swembad geleë en bied ontbyt, drankies, melkskommels en klein maaltye tot 16:00.

Die swembad, kinderspeelarea en speletjieskamer is in die middel van die oord.

Myolistrand in Sedgefield is bekend vir die perfekte vlieërbranderry-toestande. Daar is ook 'n vlieërbranderry-skool wat lesse vir beginners bied. Ander doendinge soos waterplankry, staanroei, branderplankry, kanovaart, valskermsweef en bergfietsry kan ook geniet word.

Slaapplek

’n Bespreking by Shearwater on Sea sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Ligging

  • Dr Claude Urban-rylaan 3, Myolistrand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Claude Urban-rylaan 3, Myolistrand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA038b4d70b035b84fdd3a8dee62d11ddc41fc8fc6b8392b8f46e3bf6678055bdf640280f89f2bd658a9236f8a9ed10c83e0a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) 3 Dr Claude Urban Drive Myoli Beach 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.033077493797 22.802845459992
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!