Shelbourne Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shelbourne Lodge is in die spoggerige woonbuurt La Lucia in Umhlanga geleë. Dié lodge is anders as 'n tradisionele B&B en het 'n moderne kinkel. Dit is etlike minute van al die vernaamste geriewe af en is geskik vir beide vakansiegangers en sakereisigers.

Verblyf word aangebied in 5 ruim eenhede met lugversorging. Elke eenheid is smaakvol versier en bied gemaklike beddens, 'n badkamer, yskassie, kluis, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ander geriewe op die perseel sluit in: 'n skitterende swembad, Jacuzzi, braaigeriewe, veilige parkeerplek van die straat af en 'n wasgoeddiens op versoek. Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Shelbourne Lodge is minder as 15 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe af, en dis reg langsaan die nuwe sakedistrik Ridgeside, sowel as die Umhlanga Ridge en La Lucia kantoorparke. Dit is ook na aan die La Lucia-winkelsentrum, Virgin Active-gimnasium, Gateway Theatre of Shopping en die pragtige strande van Umhlanga en die Sonkus.

Die lodge bied ook maklike toegang tot die M4 en N2 wat jou sal bring tot by uShaka Marine World, Sibaya Casino and Entertainment Kingdom, verskeie topgehalte gholfbane, die Moses Mabhida- en Kings Park-stadions en die Internasionale Konferensiesentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shelbourne Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]