We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
Successfully reported

Shelley Point on Sea

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1ste Laan 58, Shelley Point, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R5 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shelley Point on Sea is op die noordelike punt van Shelley Point-skiereiland in St Helenabaai geleë en bied selfsorgverblyf aan 4 gaste.

Die woonstel op die grondverdieping bied toegang tot Golden Mile se strande wat 4,5 km strek en het 'n privaat ingang met 'n ontvangsportaal. Daar is 2 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer en 'n kuierstoep.

Let asb. dat gaste slegs die woonstel op die grondverdieping kan bespreek, en nie die hele huis nie.

Die Royal Suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort, bad, 'n dubbelwasbak en 'n toilet. Die Imperial Suite het ook 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Hierdie kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, 'n bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die badkamers het verhitte handdoekrelings en linne en handdoeke word voorsien. Swemhanddoeke is op versoek beskikbaar en daar is ook 'n buitestort.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye saam in die eetarea of op die stoep geniet.

Verder kan gaste in die sitarea ontspan voor die TV met sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is beskikbaar en die area lei na 'n kuierstoep met 'n gasbraai vanwaar gaste die dolfyne en walvisse kan dophou wat nou en dan kopuitsteek.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en rook word nie toegelaat nie. Gaste mag nie harde musiek speel, partytjies hou of besoekers kry nie.

Shelley Point on Sea is op 'n sekuriteitslandgoed met 'n 9-putjie gholfbaan geleë en die strand bied verskeie aktiwiteite soos swem, branderry, sweefski en kajakvaart aan. Gaste kan ook die area met fynbos, verskeie voëlspesies, robbe en ander seelewe verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 14 resensies vir Shelley Point on Sea
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • 1ste Laan 58, Shelley Point, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shelley Point on Sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1ste Laan 58, Shelley Point, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2b19558e9f836c53f51659b69968f12ba7063b741ecc7a85e8dc60300452e0431aed8df20accd8b9e978baf138fe1741bb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 200 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 58 1st Avenue Shelley Point 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.701950413297 17.967910347561