Sherwood's Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sherwood's Country House skuil in die kalm Agathaberge. Dit is 'n Victoriaanse huisie in die platteland, net 13 km van Tzaneen en sowat 1 uur se ry van die Krugerwildtuin af in Limpopo.

Ons het 7 kamers: 3 Standaard Classic-kamers, 2 Classic-kamers en 2 Deluxe Classic-kamers. Van die kamers het kaggels en privaat verandas. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer met bad en/of stort, satelliet-TV en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste kan heerlik ontspan langs die swembad in die somer en snoesig sit voor die kaggels in die winter. Daar is ook 'n ten volle gelisensieerde kroeg en aandete word saans in die eetkamer bedien (vasgestelde spyskaart).

Die Rooikat Staproete begin sowat 1,5 km van Sherwood's af. Hierdie staproete neem 4 ure om te voltooi en kronkel deur inheemse woude en plantasies tussen die berge voor dit aan die onderkant van die vallei eindig. Aan die onderkant van die vallei is daar 'n pragtige rivier (Bob's River) met glashelder water en groot poele waar jy lekker kan piekniek hou en 'n luilekker kan ontspan en swem. (Sherwood's voorsien piekniekmiddagetes op versoek.)

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Visvang
  • Kunsvlieghengel
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Perdry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Forelhengel
  • Wynproe

Algemene geriewe

  • Kroeg
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Kamerbediening
  • Tee

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Veilige Parkering

Kaart

Meer oor die omgewing

Vanaf R415 per persoon

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za