Shorebreak
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairway-pad 358, Esmeralda 7, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 650 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Shorebreak is 'n bekoorlike dubbelverdiepinghuis in 'n veilige kompleks in Southbroom. Dit bied selfsorgverblyf wat perfek vir gesinsvakansies of 'n wegbreek saam met vriende is. Hierdie eiendom is 300 m se stapafstand vanaf die strand.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet, groot kombuis, eetarea, leefarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste van hierdie 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer is buite die hoofhuis. Dit het 'n aparte ingang en 2 enkelbeddens. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n gaste-toilet op die onderste verdieping, sowel as 'n buitestort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 10 wat verder na 'n sitarea lei. Die hoofsitarea het rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n ruim stoep met buitemeubels en 'n grasperk wat 'n uitsig oor die see in die verte het.
Gaste het toegang tot gemeenskaplike areas op die perseel en veilige parkeerplek is beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Shorebreak sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Fairway-pad 358, Esmeralda 7, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shorebreak het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairway-pad 358, Esmeralda 7, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom