Shotleft on Wye Road
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wye-weg 1095, Ramsgate, 4240, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Shotleft on Wye Road is 'n sonkrag-aangedrewe selfsorghuis wat met 'n asemrowende see-uitsig oor Ski-strand in Ramsgate spog. Die ruim huis is ideaal vir groot gesinne of groepe vriende.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n aparte toilet. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, instapstort, wasbak en 'n toilet. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vyfde slaapkamer het 2 koninggrootte-beddens wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n eiland met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien. Dit lei na die eetarea en die sitarea waar daar 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite in die groot tuin is daar sitplek, 'n klimraam en 'n swembad. Daar is ook braaigeriewe en 'n panoramiese uitsig oor Ramsgate se Ski-strand.
Die huis spog ook met 'n rivierboot wat vooraf bespreek kan word om in die somer op die rivier te vaar en by die Old Pont Wild Coast te gaan tjoepry. Die huis het 'n sekuriteitsheining met 'n hek en 'n alarm wat deur Wolf Security gemonitor word en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Shotleft on Wye Road sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Wye-weg 1095, Ramsgate, 4240, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shotleft on Wye Road het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ramsgate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wye-weg 1095, Ramsgate, 4240, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom