Sicklebush Suite Romantic Getaway
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanniedood 528, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sicklebush Suite Romantic Getaway is 'n romantiese en luukse suite op die veilige Hoedspruit Wildlandgoed. Dis 'n wildreservaat naby die Krugerwildtuin en al die besienswaardighede in en om Hoedspruit. Die suite bied privaatheid en rustigheid en het maklike toegang tot geriewe, winkels en bekoorlike restaurante in die dorp.
Die grasdaksuite het sy eie ingang en 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet. Die en suite-badkamer het 'n bad, toilet, dubbelwasbak-eenheid en daar is 'n binne- en buitestort. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die suite het lugversorging en die sitarea het 'n L-vormige rusbank. Die kombuis is met verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolfoond, klein skottelgoedwasser, ketel, broodrooster en 'n yskas toegerus. Die suite het skuifdeure wat op 'n onderdakstoep met 'n tafel en 2 stoele oopmaak. Gaste kan daar sit en die bosuitsig aanskou en maaltye geniet. Gaste kan kyk hoe die wild verbyloop in die bos en die ryk voëllewe dophou.
Gaste kan ook ’n selfry-safari met skemerkelkies geniet, een van die plaaslike kroeë besoek vir ’n drankie, gaan draf of wandel in die wildernisarea op die landgoed, of by een van die spa's in en om die dorp ontspan.
Slaapplek
’n Bespreking by Sicklebush Suite Romantic Getaway sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kanniedood 528, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Sicklebush Suite Romantic Getaway het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanniedood 528, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 18