Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Siesta Guest House

Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Siesta Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Ronel S - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Veilige, gesellige huis weg van die huis.

Leilanie en Zander en al hulle personeel het ons tyd by Siesta baie spesiaal gemaak. Hulle het ons 4 Dachshunds met ope arms ontvang en die pragtige ruim tuin het vir hulle meer as genoeg spasie gegee om rond te hardloop. Die kamer is baie netjies, gemaklik en smaakvol gemeubileer. Die matras op die ekstra groot king-size bed is besonder gemaklik. Ek sukkel normaalweg met rugpyn wanneer ek nie op my eie matras slaap nie, maar Siesta se matras was selfs nog meer gemaklik as my eie! Die beddegoed en handoeke is van hoë gehalte. Die kamerbeskrywing dui aan dat daar n klein kombuishoekie is. Die kombuishoekie is wel klein, maar baie goed en netjies ingerig. Die eetgerei, breekware en kookware is netjies en goeie gegalte. Die tuin is pragtig en word baie goed instand gehou. Dit is heerlik om op die gemaklike tuinstoele onder die sambreel te sit en die rustige omgewing en tuin te geniet. Tydens ons tydjie by Siesta was die weer heeltemal te koud om te swem. Ek was voorwaar spyt daaroor! Die swembad is skoon en baie aanloklik. Sou graag in die somer in daardie swembad induik! Baie dankie Leilanie en elkeen van jou personeel wat ons tydjie by julle baie gemaklik gemaak het. Ons het werklik tuis gevoel. . Die area is baie veilig en ons het in die oggend of laatmiddag ver ente gaan stap met ons honde. By Siesta het ons veilig gevoel en nooit beleef dat ons ons kosbare besittings moet wegsluit nie. Die skoonmaakpersoneel is betroubaar en dit was heerlik om uit te gaan, jou rekenaar en iPad by die kamer te los en wanneer jy in 'n skoon kamer terugkom, alles nog veilig te vind.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johann V - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann V
Saam met vriende

Regtig 'n ongelooflike ervaring. Sal weer daar bly.

Siesta was skoon en het regtig baie moeite gedoen. Goeie ervaring gewees.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hannes V - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en rustige kuier.

Baie netjies en skoon. Selfs 'n bottel lekker rooiwyn ontvang.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cradockstraat 7, Alberante, Alberton, 1449, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyDKkEEaRJUnlXOoiSOp6zXxwt0fwBsrRTEfWukXEFThRk5LYGL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 7 Cradock Street Alberante 1449 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.269649 28.105095