Sifrandi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sifrandi is 'n pragtige houthuis wat hoog teen 'n skuinste geleë is en oor die bekoorlike Konkibaaistrand in die Eersterivier-, Tsitsikamma-area uitkyk. Die strand is naby dié unieke selfsorghuis. Sifrandi is ideaal vir 'n groep vriende, 'n familie of 'n romantiese wegbreek vir 2.

Dié huis het 3 slaapkamers met al die luukshede wat jy benodig vir 'n onvergeetlike strandvakansie. Op die grondverdieping is 'n slaapkamer, 'n luukse kombuis wat volledig toegerus is, asook 'n opwas- en 'n eetkamer. Die eerste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 'n oopplanleefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en spog met 'n pragtige en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met óf 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. Een van die slaapkamers lei na 'n privaat dek met 'n see-uitsig.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolf toegerus. Dié huis het 2 leefareas waarvan die 1 volledige DStv het. Daar is ook WiFi en 'n ekstra groot kaggel waar. Die dek is die ideale plek om 'n skemerkelkie, 'n braai, of 'n vroeë oggendkoffie- of tee te geniet en lekker te ontspan.

Eersterivier is versteek in die rotsagtige, ongerepte Tsitsikamma-kuslyn op die bekende Tuinroete. Dit is afgesonder en veilig, en die uitgestrekte kuslyn bied 3 pragtige strande waar gaste kan swem of sonbaai. Die kristalhelder rotspoele wemel van die seelewe en bied vermaak vir die jongklomp. Dolfyne en walvisse kom baljaar elke jaar in dié waters en rotsvisvang is baie gewild.

Slaapplek

'n Bespreking by Sifrandi sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbed vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sifrandi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 930 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false