Manaba Akkommodasie by Siloam | LekkeSlaap
+31

Siloam

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queen Elizabethstraat 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 320 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Siloam is 'n dubbelverdiepingvakansiehuis in Uvongo geleë. Die ruim huis het slaapplek vir 8 gaste en is naby die Lucien Blouvlagstrand.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Daar is ook 'n tweede sitarea op die boonste verdieping met 'n enkelbed. Die ten volle toegeruste kombuis het al die nodige toebehore, insluitend 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeer en slimkaart saam te bring. Explora-dekodeerders sal ongelukkig nie werk nie.

Daar is 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe wat uitkyk oor die tuin en die swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en die perseel het elektriese omheining. Die perseel is 2 km vanaf Margate se noordelike strand, restaurante en ander geriewe in die area.

Slaapplek

’n Bespreking by Siloam sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Queen Elizabethstraat 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 320
per nag (plek vir 9)
Vanaf R1 320
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Queen Elizabethstraat 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHr1fBow6zJRyOOdNi5dxkIXKeL9OOAcGoBsTrjc518ir16Jv6E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 320  per nag (plek vir 9) 7 Queen Elizabeth Street Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.848772295078 30.386822911114
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za