Silver Spoon Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silver Spoon Selfsorg is in 'n rustige, netjiese woonbuurt, Mooivalleipark, Potchefstroom geleë en bestaan uit 2 eenhede met slaapplek vir 6 gaste.

Eenheid 1 is 'n losstaande eenheid met slaapplek vir 3 gaste dit het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Dit is ideaal vir 2 volwassenes met 'n jong kind. Daar is 'n enkelbed in die sitarea vir 'n vierde gas of 'n tweede kind. Dit word nie aanbeveel vir 2 egpare nie. Indien 2 egpare verblyf wil bespreek, kan hulle dit oorweeg om Eenheid 2 ook te bespreek. Privaatheid is 'n prioriteit hier en behalwe vir die private braai-area, lei die kombuis ook na 'n baie privaat tuintjie.

In die slaapkamer is lugversorging, 'n plafonwaaier, linne, handdoeke, 'n haardroër en elektriese komberse. Die badkamer het 'n stort en 'n aparte toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, warmplaat, stoomyster en 'n klein strykplank toegerus. Koffie- en teemaakgeriewe, netjiese eetgerei, breekware en kookgerei word ook voorsien. Silver Spoon sal tydens gaste se verblyf die skottelgoed was en die kombuis skoonmaak.

Die sitkamer het 'n waaier en 'n TV met die volle DStv-pakket (Explora). Gratis WiFi is ook beskikbaar. Oop- en onderdak-braaigeriewe is beskikbaar. Houtskool en vuuraanstekers kan op versoek en teen 'n ekstra koste voorsien word.

Eenheid 2 is op die eerste verdieping. Dié eenheid is heeltemal privaat van die ander eenheid op die grondvloer, dit het 'n privaat ingang met 'n buitetrap. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Linne, handdoeke, elektriese komberse en basiese toiletware word voorsien. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is braaigeriewe op die onderdakbalkon beskikbaar. Daar is ook lugversorging, 'n volle DStv-pakket en gratis WiFi. Silver Spoon sal tydens gaste se verblyf die skottelgoed was en die kombuis skoonmaak.

Silver Spoon Selfsorg is naby verskeie trou-venues langs die Carletonville-pad geleë, en dit is slegs 'n hanetree vanaf Noordwes Universiteit, Potchefstroom Gimnasium, Fanie Du Toit-sportgronde en Senwes Park. Die eenheid is 3 km vanaf die Aardklop-venue, en 10 km vanaf Boskopdam en die Boskop-seiljagklub.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silver Spoon Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za