Silverhill Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silverhill Lodge is 'n landgoed in privaat besit in die luisterryke Kambergvallei in die Sentrale Drakensberge. Dit is net 35 minute se ry van Nottingham Road en Moorivier af. Little Berg, Mount Cleopatra, Mount Erskine en Mount Lebanon voorsien die pragtige agtergrond vir die landgoed.

Silverhill Lodge bestaan uit 'n B&B-lodge en 2 selfsorg-eenhede.

Mountain Lodge het 7 luukse kamers met en suite-badkamers. Elke suite het slaapplek vir 4 gaste op 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. 'n Ekstra persoon kan geakkommodeer word op 'n enkelbed op die tussenvloer. Elke en suite-badkamer is toegerus met 'n bad en stort en handdoeke word voorsien. Ondervloerse verhitting is beskikbaar en elke kamer se verhitting kan afsonderlik gestel word. 'n Haardroër word voorsien op die spieëltafel en koffie- en teemaakgeriewe is ook beskikbaar. Die DStv bied toegang tot 10 kanale.

Mountain Chalet is op die boonste vloer en bied slaapplek vir 8 persone in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n ekstra enkelbed en 'n en suite-toilet, en gaste kan lekker op die stoep ontspan. Die tweede slaapkamer is semi-privaat en het 1 dubbelbed. Die derde kamer het 3 enkelbeddens. Die eenheid het 1 badkamer met 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n mikrogolf en 'n yskas. Daar is ook 'n buitebraaiplek. Die oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis het 'n balkon met 'n uitsig oor die damme en die berge op die landgoed. 10 DStv-kanale is beskikbaar.

Mountain Retreat is op die boonste vloer en bied slaapplek vir 6 persone. Daar is 1 dubbelbed in die oopplan-area en 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens op die mezzanine. Hierdie oopplan-eenheid is toegerus met 'n kaggel in die sitkamer, groot vensters en 'n balkon met 'n braaiplek en 'n uitsig oor die landgoed, berge en damme. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die badkamer het 'n groot, lae venster sodat besoekers die uitsig op die pragtige berg kan geniet. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n mikrogolf. 10 DStv-kanale is beskikbaar.

Hierdie omgewing is baie gewild onder natuurliefhebbers, stappers en vissermanne. Dit is ook ideaal vir die wat smag na die rus en die vrede van die berge. Adrenalienvrate kan hulself verlustig in al die doendinge in die omgewing en besoekers wat net 'n bietjie wil ontspan kan heerlik sit en kyk vir die berge. Vang forel in ons damme en riviere en bewonder die watervalle en fonteine wat silwer strepe trek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silverhill Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za