Simbavati River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Simbavati River Lodge is 'n intieme en gesinsvriendelike kampplek wat op die Nhlaralumirivierbank in die hartjie van die wêreldbekende Timbavati Privaat Natuurreservaat gebou is. In die skadu van ou Jakkalsbessie- en Hardekoolbome is Simbavati River Lodge warm en verwelkomend met 'n kontemporêre ontwerp en luukse verblyf in tente of grasdak-gesinschalets.

Simbavati kry sy naam vanaf die plaaslike taal, Shangaan, wat vertaal na "die plek waar die leeus vanaf die sterre neerdaal". Die fokus van die lodge is op die Groot 5, 'n asemrowende uitsig, vriendelike en kundige personeel in 'n omgewing waar gaste kan ontspan vanaf die oomblik wat hulle inklok.

Verblyf word gebied in 8 luukse tente en 3 ruim gesinschalets, wat almal privaat geleë en gemaklik ingerig is. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer, lugversorging, omgewingsvriendelike geriewe en 'n privaat dek om wild te bewaar, skemerkelkies te geniet en die sonsondergang te kyk.
 
Die ontwerp van hierdie lodge is kontemporêr, warm en verwelkomend. Gemeenskaplike areas sluit in 'n ruim sitkamer, kroeg, boma en uitgebreide dekke met 'n asemrowende uitsig oor die Nhlaralumi-rivier. Gaste kan hier ontspan en wilde diere besigtig.

Simbavati River Lodge is in die noorderlike sektor van die Tibavate Privaat Natuurreservaat geleë en is omring deur 12 000 hektaar van wildernis en natuurlewe wat jy op 'n outentieke en bekostigbare Afrika-safari kan beleef.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Simbavati River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R14 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za